Plaasmense se lewe ‘raak hel’

Please log in or register to like posts.
News

BEWONERS op die plaas Dawn Mountain in Simondium is moeg daarvan om in haglike omstandighede te woon.Die mense sê hulle regte word geskend, daarom het ’n groepie inwoners laas week voor die hekke van die plaas betoog vir beter lewensomstandighede.Maria Mentoor (53), wat al 26 jaar op die plaas woon, sê dinge was nog nooit so erg nie. “Alles het begin toe die nuwe eienaar van die plaas oorvat. Hy gee absoluut niks om vir die mense hier nie,” vertel Mentoor.Die bewoners van die plaas sê hulle het geen skoon water of sanitêre geriewe nie.Volgens die bewoners moet hulle vuil damwater drink. Die eienaar hou vol dit is boorgatwater.Mentoor voeg by sy skaam haar dood wanneer gaste ’n glasie water vra.“Kinders moet die modderwater drink wat van die dam af kom,” sê Mentoor.Hulle het nie toilette nie en gebruik emmers wanneer hulle ’n nood het. “Wie gebruik nou nog emmers?” wou Mentoor weet. “Ons bly in onhigiëniese toestande.”Die groep dring daarop aan om die eienaar te sien, wat hom net weg hou.Volgens die inwoners het hulle talle vergaderings gehou, maar ál wat uitsteek, is die eienaar.Die 27-jarige Dalicia Galant sê hulle is moeg daarvan om met die plaasbestuurder te praat, want daar kom niks van nie.Van die inwoners het uitsettingsbevele gekry, maar weier om te loop omdat hulle hul hele lewe lank daar woon.Die inwoners soek ook ’n regte pad waarop die nooddienste kan ry. Galant sê nooddienste kan nie by die huise uit kom nie.Die kinders moet ook met die hoofpad langs loop om skool toe te gaan.“Dis gevaarlik vir die kinders, want hier ry baie karre op en af,” sê Galant.Son het die plaasbestuurder gekontak, maar hy wou nie kommentaar lewer nie omdat hy slegs ’n derde party op die plaas is.probeer nou al langer as ’n week om die eienaar in die hande te kry vir kommentaar, maar ten spyte van oproepe en boodskappe is al die pogings onsuksesvol.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.