Pleit, maar verduidelik g’n | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Pleit, maar verduidelik g’n | Die Son

OUDTSHOORN. – Gister is ’n inspeksie gedoen van die toneel waarop die soldaat Preston Titus meer as ’n jaar gelede vermoor is. Preston is op 2 Desember 2017 in sy slaapkamer op die weermagbasis vermoor.Volgens AO Martin le Roux het Preston 27 steekwonde aan sy lyf gehad. Vier van die beskuldigdes word in die rondgaande hooggeregshof verhoor.Preston se weduwee, Magdaleen Titus, haar eertydse vriendin Natasha Stuurman, Justice Mooi en Masimthe­mbe “MJ” January is aangekla van moord met voorbedagte rade en regsverydeling.Die staat voer aan hulle het bewyse probeer vernietig.’n Vyfde mens, Sixabiso Klip, het 15 jaar gevangenisstraf gekry nadat hy ’n pleitooreenkoms met die staat aangegaan het. Klip was Magdaleen se motorbestuurder. AangebiedHy het ingestem om as staatsgetuie teen die vier beskuldigdes te getuig.Klip beweer voorts Magdaleen was die baasbrein agter die moord op haar man. Volgens hom is ’n sesde verdagte reeds op vrye voet. Klip beweer Magdaleen het dié mens R30 000 aangebied om haar man te vermoor.Mooi is die enigste van die vier wat in aanhouding is. Hy is in handboeie die hof binnegebring.Die beskuldigdes is deur die staat gewaarsku hulle kan lewenslange tronkstraf opgelê word as hulle skuldig bevind word. Al vier het gister skuld ontken op die aanklagte, maar nie een het ’n pleitverduideliking ingedien nie.Die saak gaan vandag voort. Dit dien voor regter Nolwazi Penelope Boqwana. Adv. Chris van der Vijver verteenwoordig die staat.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.