Polisie gee 20 kids ’n treat

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

NET ’n bietjie liefde en omgee is al wat kinders nodig het.Die naweek het die SAPD en gemeenskapspolisieforums (GPF’s) kinders van die Baaise noordelike gebiede bederf.Saterdag het die Mountweg cluster se bestuur 20 kinders van 8 tot 14 jaar oud ’n lekker tyd gegee.Hulle het na die krieketwedstryd tussen die Nelson Mandela Bay Giants­ en die Tshwane Spartans op St. George­park­ in die Baai gaan kyk.Die polisie sê die gebaar is deel van hulle proaktiewe program in Gelvandale en Bethelsdorp aangesien bendeverwante misdaad daar volop is.Programme soos dié voorkom dat kinders ronddrentel.Dit verander ook hulle mindset en wys hulle daar is ’n baie beter lewe as om misdaad te pleeg.Die provinsiale polisiekommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, en die Baaise burgemeester, Mongameli Bobani, was ook teenwoordig.InspireerDie kinders was ekstaties toe hulle goodies gekry het en soos VIP’s behandel is.Hulle het selfs die geleentheid gekry om foto’s te neem van spelers van die Giants en Spartans.“Kinders is ons toekomstige leiers en die gemeenskap moet hulle vorm, versorg en inspireer om in hulleself te glo,” het Ntshinga gesê.“Grootmense het ’n verantwoordelikheid om hulle aan te moedig, by te staan en te lei sodat hulle in hulleself kan glo.“Inisiatiewe soos dié sal definitief ’n impak op hulle lewe hê.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/polisie-gee-20-kids-n-treat-20181209

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.