Polisie in OK vattie nonsens

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

MEER as 1 000 verdagtes is die afgelope sewe dae in die Oos-Kaap gearresteer.Die 1 377 verdagtes is vasgetrek in mis daadvoor­komings­operasies in 21 polisie clusters in die provinsie.Die aanklagte sluit moord (23), roof (43), verkragting (24), aanranding met die opset om ernstig te beseer (190), veediefstal (36) en diefstal (40) in.Kapt. Khaya Ton­jeni, ’n polisiewoordvoerder, sê beslag is ook gelê op 39 vuurwapens en 506 pa­trone.LofDie 39 vuurwapens sluit 34 rewolwers, 2 gewere en 3 hael­gewere in.Tonjeni sê: “Ál die vuurwapens sal gestuur word vir ballistiese toetse om vas te stel of dit gebruik is om misdaad te pleeg.”Beslag is ook gelê op 9 700 nagemaakte ware, 77 selfone, 400 Mandrax-pille, 15 voertuie en 218 wapens, waar­onder 208 messe.ImpakDie provinsiale polisie­kommissaris, lt.genl. Liziwe Ntshinga, is vol lof vir die polisielede.Ntshinga het gesê: “Operation Safer Festive Season duur voort, en dié welslae is ’n aanduiding van die impak wat ons lede maak.“Die lede sal voortgaan om oortreders in groot getalle te arresteer en ons te beveilig van smokkelary, dwelmhandel en die onwettige besit van vuurwapens.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/polisie-in-ok-vattie-nonsens-20190122

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.