Polisie keer klipgooiers aan wat motoriste beroof

Please log in or register to like posts.
News
Polisie keer klipgooiers aan wat motoriste beroof

DIE Stad Kaapstad se metropolisie het twee verdagtes wat na bewering motoriste op die R300-snelweg beroof het, gearresteer.JP Smith, die Stad se mayco-lid vir veiligheid en sekuriteit, sê die voorval het Saterdag net voor middernag plaasgevind.Volgens hom het twee metropolisiebeamptes gereageer op klagte dat booswigte besig is om voertuie met klippe te bestook op die R300 tussen die N2-snel­weg en Hindle-weg.By hulle aankoms op die toneel het die beamptes twee karre gesien wat gebots het en tien verdagtes wat besig was om die motoriste van hul besettings te beroof.Smith sê: “Die twee beamptes het twee verdagtes van 18 en 38 jaar oud gearresteer.“Hulle het ook een van die motoriste se selfoon teruggekry. “Die res van die suspects het gevlug.” Een van die motoriste het blykbaar uitgeswaai om die klippe te vermy en dit het tot die ongeluk gelei.Die twee verdagtes word van kwaadwillige saakbeskadiging, roof en die besit van gesteelde eiendom aangekla.Smith sê daar is baie sulke voorvalle op die Kaapse paaie. “Ons beamptes het gelukkig daarin geslaag om vinnig te reageer en die motoriste te help,” het hy bygevoeg.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.