Polisie-operasie reuse-sukses | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE Motherwell-polisiegroep brag met 16 verdagtes wat die naweek gearresteer is in die aanloop tot die launch van die feestydprogram. Kapt. André Beetge, ’n polisiewoordvoerder, sê dié verdagtes word gesoek vir verskeie misdade. Dit sluit roof in, asook aanranding met die doel om ernstig te beseer, opsetlike saakbeskadiging, diefstal en dwelmverwante sake. Die verdagtes sal almal vandag in die landdroshowe in Motherwell en New Brighton verskyn. In Vrydag se operasie het die polisie beslag gelê op ’n gesteelde motorfiets, 7 messe, ’n speelgoedgeweer, 14 Mandrax-pille en verskeie klein hoeveelhede dagga. Die polisie het ook vier taverns gesluit. Die munisipaliteit het ook dié taverns se krag afgesit, aangesien daar bevind is dat daar met die kragbokse gepeuter is. GeskietBoetes ter waarde van R85 000 is uitgereik. Twee verdagtes is ook ge­arresteer vir ’n poging tot moord vroeër die aand in die Walmer township.’n Man is toe geskiet. Die wit Quantum-minibus wat deur die verdagtes gebruik is, is 23:30 in Tonjeni­straat in Zwide gekry. Volgens Beetge het ondersoekwerk die polisie gelei na twee verdagtes in Kulastraat, Zwide. “Hulle het ’n 24-jarige om 00:30 gearresteer vir poging tot moord en ’n 23-jarige om 02:45 vir die onwettige besit van ’n ongelisensieerde wapen (7.65 mm-pistool) en drie koeëls.” Dié verdagtes word ook vandag in die hof verwag. Brig. Lungisile Manyana, adjunk-groepbevelvoerder, is trots op die arrestasies en suksesse met die operasie. Hy sê misdade wat met vuurwapens gepleeg word en die rol van alkohol in misdaad is ’n fokus-area vir hulle.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/polisie-operasie-reuse-sukses-20181028

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.