Polisie se flats vrot varkhok

Please log in or register to like posts.
News
Polisie se flats vrot varkhok

DIT was ’n varkhok, wys ’n video van die woonkwartiere van die Mountweg-polisie in die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit.In die video in Son se besit sien ’n mens vullissakke en rommel oral lê. Dit lyk asof die woonkwartiere maande lank nie skoon­gemaak is nie.Om te wys hoe erg dit is, stap ’n vrou van die vyfde verdieping by die trappe af. Op een vloer lê die stapel vullis so opgestapel, ’n mens moet verby die gemors skúúr om by die volgende stel trappe uit te kom.Die trappe is nat, en oral lê rommel rondgestrooi. Dit lyk na ’n moewiese gesondheidsrisiko.’n Anonieme informant sê dis meestal polisiebeamptes wat in dié kwartiere woon. Die persoon sê die blyplek is al baie lank so vuil, maar kon nie sê presies hoe lank nie.Kol. Sibongile Soci, ’n provinsiale polisiewoordvoerder, sê die SAPD, kan bevestig die situasie in die video is sedertdien reg­gestel. Die woonkwartiere is skoongemaak en die vullis is verwyder.Soci het gesê: “Dié situasie is betreurenswaardig. “Daar is voorgestel dat hulpbronne vir afvalbestuur verskaf word. “Twee groot vullisdromme is by die voorste ingang van die woonkwartiere geplaas sodat die inwoners van hulle vullis ontslae kan raak.Ondersoek“Dit is die plig van elke inwoner om die vullis uit haar of sy kamer te verwyder en dit in dié groot vullisdromme te plaas.“Voorts het elke vloer ook kleiner dromme vir hulle om te gebruik.”Sy het ook gesê die saak gaan intern ondersoek word aangesien werknemers en lede­ van die polisiediens betrokke is. Hulle is deeglik bewus van die woonkwartiere se reëls.Yolisa Pali, burgemeesterskomiteelid vir openbare gesondheid in die Metro, sê hulle het ook ’n klagte gekry en sal binnekort gaan kyk wat daar aangaan.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.