Polisie slaan toe op boewe

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

TWEE verdagtes is eergister in twee afsonderlike voorvalle in hegtenis geneem op klagte van onder meer die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammu­nisie. Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê Woensdag om en by 11:45 het lede van die Bethelsdorp-taakspan ’n welbekende gangster voor ’n huis in Brandonstraat gesien terwyl hulle patrolliewerk gedoen het.RewolwerToe die bendelid sien die polisie nader hom, het hy vinnig by die huis se yard ingestap.Naidu sê die lede het hom tot in die yard gevolg. Hulle het hom gesearch en ’n swart rewolwer – versteek in ’n baadjiesak – is in sy besit gevind.In nog ’n sak is elf .38-patrone gevind. Dit was in ’n sokkie versteek.Volgens Naidu is die 22-jarige verdagte geaffi­lieer by die Upstand Dogs-bende.Hy word aangehou op klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.In ’n ander voorval is ’n 29-jarige verdagte omstreeks 11:00 dieselfde dag deur lede van die nasionale ingrypingseenheid in hegtenis geneem.Die eenheid is in die North­erns ontplooi om spesifiek op bendeverwante aktiwiteite te fokus.Naidu sê terwyl die lede in Kobusweg, Gelvandale, met ’n stop and search besig was, is die verdagte in besit van ’n motor­radio, twee Pioneer speakers en ’n amplifier gevind.Die geskatte waarde van die toerusting is sowat R5 000. Hy word aangehou op ’n klag van die besit van vermoedelik gesteelde goedere.Brig. Andrew Louw, die Mountweg-polisie se gebiedsbevelvoerder, sê hoë polisiesigbaarheid om misdaad in dié area en ander areas te voorkom, is steeds aan die orde van die dag in die feestyd.Hy sê die cops sal volhou in hul pogings om hul strate te reclaim en skoon te maak van onwettige en ongelisensieerde vuurwapens wat gebruik word om die gemeenskappe te terroriseer en hulle veiligheid te bedreig.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/polisie-slaan-toe-op-boewe-20190103

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.