Polisie vra vir info vir arrestasies

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

GEBEDE is gister opgesê terwyl die trane gevloei het by die Bethelsdorp-polisiestasie.Brig. Zolani Xawuka, stasiebevelvoerder van Bethelsdorp, het die treurende families toegespreek en vir hulle ’n boodskap van vertroosting gebied.Die een ding waaraan die families kan vasklou, is die polisie se belofte dat hulle die moorddadige gespuis sal vang.“Dit is ’n ongewone voorval. Ons sal sorg dat diegene wat hiervoor verantwoordelik is, gevang word. Maar ons kan nie alleen werk nie. Ons vra die gemeenskap om ons te help waar hulle kan met inligting,” sê Xawuka.Dit volg op ’n wreedaardige skietvoorval waarin drie kinders dood is.Die oorledenes was Chadwin Calvert (17), Deacon van Rooyen (16) en Ruan Willemse (8).OopgeskopKol. Priscilla Naidu, polisiewoordvoerder, het gesê dié skietvoorval het Vrydag omstreeks 21:20 in Capuletstraat in Booysenpark plaasgevind.Twee onbekende verdagtes, gewapen met vuurwapens, het die deur oopgeskop en só toegang tot die huis verkry. Die varke het toe ’n 26-jarige man genader en ’n goue ketting van sy nek afgeruk.Twee selfone is ook gesteel.Hulle het toe besluit om op die groepie mense los te brand.Van Rooyen en Willemse is op die toneel dood en Calvert is in die hospitaal dood.Vier ander mense is ernstig gewond en van hulle sterk nog aan in die hospitaal.’n Paar ure later, Saterdag 00:15, is nóg twee slagoffers in Jacksonville in Almondstraat doodgeskiet.Die skieter(s) het Meagan Mitchell (21) en Clive September (36) in die straat afgemaai.Mitchell het nog vir hulp by ’n huis daar gaan klop, maar sy is kort daarna vermoor.Teen gister is nog nie arrestasies gemaak nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/polisie-vra-vir-info-vir-arrestasies-20181107

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply