Polisieheli parkeer vir take-away | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Polisieheli parkeer vir take-away | Die Son

Deur  eie verslaggewerVrydag, November 02, 2018 19:00

helikopterFoto: facebook
 ~ 

DIE polisie in Queenstown stel ondersoek in nadat ’n cop chopper in ’n parking lot geland en een van die lede toe glo Kentucy gaan koop het.Die voorval het Dinsdag by ’n mall in die Oos-Kaapse dorp gebeur. Volgens ’n woordvoerder vir die polisie, brig. Vishnu Naidoo, was die cops in die helikopter besig met patrollie. “Hulle het toe op ’n parkeerarea gaan land. Dit word ondersoek.”Foto’s van die heli in die parkeerarea het gou viral gegaan. ’n Polisieman het na bewering gou uitgehop om lekker fried chicken te gaan kry. Hy’s nog nie geïdentifiseer nie. – News24

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply