Pravin dalk voor Zondo | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Pravin dalk voor Zondo | Die Son

DIE vorige baas van Sars, Tom Moyane, wil die minister van open­bare ondernemings, Pravin Gordhan, voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping ondervra.Adjunk-hoofregter Raymond Zondo sal later hieroor besluit.Gordhan se advokaat, Michelle le Roux, het voor die kommissie gesê Moyane is besig om sy reputasie te rehabiliteer.“Hy is hier sodat die regter moet help om sy naam in ere te herstel.”HulpPiers Marsden, ’n sakeredder, het getuig oor ’n meeting tussen Eskom en die Optimum-steenkoolmyn nadat dit duidelik geword het dat die myn Eskom se hulp nodig het.Volgens hom was Matshela Koko, vorige hoof van kragopwekking, en Ayanda Nteta, vorige waarnemende hoof van brandstofverkryging, ook by die meeting.Die kommissie het gehoor die myn het ’n verlies van R130 miljoen per maand gely.Marsden het gesê Koko was nie seker of die myn op sy eie gered sou kon word nie.Volgens hom het Koko voorgestel dat Oakbay, ’n Gupta-maatskappy, die myn koop. – News24

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.