Premier ‘sing ANC-lofsange’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE Oos-Kaapse premier, Phumulo Masualle, se finale state of the province speech was ’n poging tot whitewa­sh­ing, meen opposisiepartyleiers.Masualle het verlede Vrydag in die provinsiale wetgewer in Bhisho sy speech gemaak.Hy het die vordering wat die provinsie in sy termyn gemaak het, beklemtoon, maar sonder genoeg detail of aanspreeklikheid om opposisiepartye tevrede te stel.AfgeneemMasualle het ’n verbeterde matriekslaagsyfer beklemtoon en het die werk van wyle Mandla Makupula, oud-LUR vir onderwys, geprys, berig TimesLive.Hy het gesê die gesondheidstelsel in die provinsie het verbeter, wat lei tot ’n hoër lewensverwagting.Hy het bygevoeg dat die getal mediese wanpraktyk-eise afgeneem het sedert die gesondheidsdepartement ’n konsor­tium aangestel het om dit te ondersoek.Die provinsie se mediese wanpraktyk-eise staan ??tans op R23 miljard.Die getal provinsiale departemente wat skoon oudits ontvang het, het van 8 tot 13 toegeneem.Opposisieleiers meen egter Masualle se brag-sessie weerspieël nie die realiteit op die grond nie.Die DA se provinsiale leier, Nqaba Bhanga, meen Ma­sualle het die ANC se eulogy gelees.Bhanga het gesê die toespraak het niks ingesluit van die 1,2 miljoen werkloses in die provinsie nie.“Die DA het ’n plan om werk te skep, soos ons in die Wes-Kaap gedoen het. Die ANC het elke munisipaliteit vernietig en meer as 5 000 SMME’s wat met die regering werk doen, is nie betaal nie.”Die provinsiale PAC-leier, Sandla Goqwana, het gesê provinsiale gesondheidsorg het inderdaad versleg.“Die premier het nie gepraat oor die gesondheidskrisis in hierdie provinsie nie.“Een van die probleme wat tot die hoogste aantal mediese wanpraktyk-eise gelei het, is dat mediese instellings in hierdie provinsie understaffed is. Daar is ’n tekort aan verpleegkundiges, dokters en ander gesondheidswerkers sowel as ’n tekort aan medikasie.”Yazini Tetyana, ’n EFF-LPW, het gesê Masualle het ’n “vals aanspreeklikheid” aangebied.“Hy het gepraat oor ingrypings in munisipaliteite wat saamgesmelt het, maar EFF-raadslede in die Enoch Mgijima-munisipaliteit (een van die munisipaliteite wat ná samesmelting geskep is) sê daar is ’n krisis en geen ingryping van die provinsiale regering nie.”Kiesers het die keuse om die situasie op 8 Mei te verander.“Ons mense moet besluit: Wil hulle dieselfde leuens van die ANC hoor of is hulle bereid om vir ’n nuwe regering te stem?”HelfteThando Mpulu, ’n UDM-LPW, het gesê Masualle se termyn was “ ’n volkome mislukking”.“Een van die dinge wat die premier doen, is om die regering te koördineer, maar hierdie regering het geen koördinasie gehad nie. Byna die helfte van Ma­sualle se kabinet is verander. Wat sê dit vir jou? “Dit wys die kabinet is disfunksioneel.” NQABA BHANGAFoto: THEO JEPTHAPHUMULO MASUALLEFoto: NETWERK

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/premier-sing-anc-lofsange-20190217

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.