Prez is vol charm | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

PRES. Cyril Ramaphosa het Vrydag weer sy charm gebruik om kiesers na die ANC te probeer lok.Ramaphosa het sy Kaapse deur-tot-deur-veldtog in die bendegeteisterde Delft se N2 Gateway afgeskop.Ramaphosa sê oral in die Wes-Kaap het hy gesien die mense hou van die ANC.Hy beklemtoon dat die ANC nie op 8 Mei die nasionale en provinsiale verkiesing kan wen as die inwoners nie in hulle massas stem nie.Ramaphosa was by Peter Jokani, wat in 2014 in ’n gesubsidieerde huis by die N2 Gateway-gebied ingetrek het.Jokani (62) sê aan Son: “Hy (Ramaphosa) het gevra oor my probleme en my klagtes.“Hy het reeds van die klagtes genoem voor hy met dié campaign begin het.“Die probleem van behuising is steeds ’n groot uitdaging, want die huise is van ’n slegte gehalte.Lek“Die president het belowe hy sal mense aanstel om te kyk na dié probleem.”Noxolo Gxowa, nog ’n in­woner, sê sy het die president vertel van haar huis wat lek.Gxowa (39) sê: “Vandat ek in 2014 hier ingetrek het, lek die huis elke keer as dit reën.”Die Wes-Kaapse ANC-sekretaris, Faiez Jacobs, glo vas die ANC gaan dié provinsie terugwen van die DA.Jacobs sê: “Ons is reeds besig om die oorlog teen bendegeweld te wen. Die polisie se bende-eenheid het die gangsters nou in ’n hoek vas.“Nou moet ons jong mense net ’n alternatief gee.” Ramaphosa sê: “Die DA-regering charge julle oormatige watertariewe. Al manier hoe julle dié dinge kan stop, is om vir die ANC se stem.“Die mense kla oor behuising. Die nasionale regering het miljoene rande vir hierdie doel aan die Wes-Kaapse regering gegee.“Die DA het versuim om al dié miljoene te spandeer en die oorskot aan die nasionale regering teruggegee.Madikizela sê die Wes-Kaapse departement van menslike nedersettings is die voorste departement vir huislewering in die land. En die bewyse hiervoor is in die presidensie se eie verslag oor Outcome 8-aanwysers.“Dié toon aan dat die Wes-Kaap beter as amper al die ander provinsies presteer”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.