Projek sal sorg vir skoner NMB

Please log in or register to like posts.
News
Projek sal sorg vir skoner NMB

DIE Nelson Mandelabaai-metro gaan nou ’n skoner plek wees.Dít nadat die burgemeester, Mongameli Bobani, en sy burgemeesterskomiteelid vir openbare gesondheid, Yolisa Pali, die Cleaning and Greening-projek in Kuyga van stapel gestuur het.Dié projek vorm deel van pres. Cyril Ramaphosa se voortdurende nasionale program wat hy onlangs in Oos-Londen bekendgestel het.Dit sluit in verskillende benaderings, soos die skoonmaak van onwettige vullishope, die aanplant van bome, bou van parke, optel van rommel en polisiëring en toepassing van verordeninge.“Dié projek gaan ’n groot sukses wees danksy die inwoners wat saam met ons daaraan werk. Vandag is nie die einde van die projek nie, dit gaan aanhou. En ons sál ’n skoon stad hê.“As jy sien hoe jou buurmense onwettig vullis stort, sê vir hulle om dit nie te doen nie,” sê Bobani.Gemeenskapwagters is in diens geneem om te patrolleer in die gemeenskappe en te verseker dat mense nie onwettig vullis stort nie en om die verordeninge toe te pas. Mense wat gevang word, sal verantwoordelik gehou word vir hulle aksies en beboet word.GesondheidPali het gesê nog ’n projek in die nabye toekoms gaan inwoners en kinders opvoed oor die negatiewe uitwerking van rommelstrooi en onwettige storting.“Hierdie is ’n uiters belangrike projek, want die vuiligheid tas inwoners se gesondheid aan. Dit sal verseker dat hulle ’n skoon en gesonde omgewing het om in te leef en te speel,” sê Pali.Nomonde Velaphi, wat in Kuyga woon, het haar tevredenheid en dankbaarheid oor die projek uitgespreek: “Ek is so bly dat die burgemeester ons besoek het.“Ek werk vir die program vir uitgebreide openbare werke en ons probeer om die gemeenskappe skoon te maak, maar dit is moeilik, want ons is nie baie nie. “Noudat die burgemeester hier is, het die mense uitgekom in hulle nommers om te help skoonmaak.“Dit maak my in my hart baie gelukkig.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.