Psych-eenheid te duur – LUR

Please log in or register to like posts.
Nuus
Psych-eenheid te duur – LUR

Update
Port Elizabeth

’N MULTI-MILJOENRANDSE projek om ’n nuwe psychiatric eenheid by die Dora Nginza-hospitaal te bou, is geskrap. In ’n reaksie op ’n vraag in die wetgewer het die LUR Helen­ Sauls-August gesê die projek, wat in 2013 aangekondig is en die Elizabeth Donkin-hospitaal moes vervang, is geskrap.In haar antwoord sê Sauls-August die fasiliteit was te duur. Dit sou glo R720 miljoen kos. Verder sê Sauls-August die aanvanklike fondse vir die projek in 2015-’16 – R122 miljoen – is aan ander projekte oorgedra.Jane Cowley, DA-woordvoerder oor gesondheid, meen die gesondheidsdepartement is op pad na ’n volskaalse menseregtekrisis. Luidens ’n spesiale komiteeverslag wat in Augustus ingedien is, doen die departement van gesondheid nie genoeg in die voorsiening van geestesgesondheidsfasiliteite nie.OntstellendDie Elizabeth Donkin-hospitaal, wat deur die nuwe fasiliteit vervang sou word, val uitmekaar met verkrummelende infrastruktuur en ’n gebrek aan gekwalifiseerde personeel en sekuriteitspersoneel. “Die hospitaal kan nie nuwe pasiënte opneem nie en kan nie klere aan huidige inwoners­ verskaf nie,” sê Cowley.“Wat alles nog meer ontstellend maak, is dat dié nuus kom net ná berigte dat die Life Esidimeni Care Centre in Kirkwood en die Life Esidimeni Algoa-fasiliteit vir kinders in Port Elizabeth net kontrakte vir ’n tydperk van drie maande hernu het. Volgens haar kan geestesgesondheidspasiënte voor Kersfees sonder ’n heenkome sit.“Tydens ’n onlangse oorsigbesoek aan die Kirkwood-fasiliteit was ek beïndruk met die gehalte van die sorg aan die 649 geestesgesondheids­pasiënte.”Cowley wil weet waar die departement beplan om dié pasiënte te plaas as die kontrakte nie hernu word nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/psych-eenheid-te-duur-lur-20180912

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.