Raadslid nou al erg raadop

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N COUNCILLOR in die Baaise Northerns moes sy office vir die publiek sluit omdat hy sit met onder meer ’n stukkende toilet en telefone wat buite werking is.Boonop het booswigte die hele omheining van die George­ Botha-saal in Mpukostraat in KwaNoxolo – waar Eddie Harker, raadslid, se kantoor geleë is – stuk vir stuk afgesteel.GewapendeDit, sê hy, gee boosdoeners makliker toegang tot die perseel.Harker is die raadslid in wyk 38, wat Timothy Valley insluit.EDDIE HARKERHarker se assistent, Eva January, sê verlede jaar het ’n gewapende man deur die stukkende fence­ gekom.Volgens haar het hy die councillor gesoek om ’n dienslewering-kwessie te bespreek.January sê die man het – met ’n vuurwapen in die hand – aan haar kantoorvenster geruk en pluk.Dit was terwyl sy en haar kollega Portia Kongwana vreesbevange in die geslote kantoor gebewe het.Volgens January is die kantoor se telefone sedert September buite werking.Sy vertel om dié rede word inwoners gereeld weggewys.Sy sê inwoners moet die munisipaliteit bel sodat hulle klagtes geregistreer kan word.January verduidelik sedert September moes sy haar eie selfoon gebruik om inwoners met hulle behoeftes te help.“Maar ek kan nie meer my selfoon gebruik nie,” waarsku sy.SekuriteitSy vertel sedert November het die kantoor geen water nie en om dié rede kan hulle nie die toiletgeriewe gebruik nie.Harker sê om ’n gemeenskap te dien, het ’n mens tools nodig.“Nou kry ek ’n swak beeld. Ons benodig dringend sekuriteit.“My office is in ’n gevaarsone.“Timothy Valley en KwaNo­xolo is gang-ridden gebiede.“Die vroue-staff is daagliks alleen hier, want ek is in baie meetings.“My kollegas is konstant in vrees.”AandagHarker verduidelik vroeër het securities daagliks tussen 16:00 en 08:00 by die kantoor diens gedoen het.Volgens hom is daar sedert Desember­ nie meer sekerheidsbeamptes by die kantoor nie.Harker verduidelik hy het al telkemaal die probleme onder die aandag van die stadsowerhede gebring.Volgens hom het hy die speaker, burgemeester en die DA se hoofsweep ge-email en hulle meegedeel sy kantoor se deure gaan sluit totdat die probleme opgelos word.Harker sê sy kantoor is reeds sedert 3 Januarie gesluit.Mthubanzi Mniki, ’n woordvoerder van die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit, het teen gistermiddag laat nog nie op Son se navrae gereageer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/raadslid-nou-al-erg-raadop-20190123

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.