Raadslid: Trek in | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Raadslid: Trek in | Die Son

BEGUNSTIGDES wat hulle sleutels vir hulle huis kry, moet so gou moontlik intrek.Dié versoek kom nadat ’n woonstel in Blue Downs gevandaliseer is omdat die eienaar nog nie ingetrek het nie.Talle begunstigdes van die Forest Village-behuisingsprojek het huise gekry. Sowat 208 mense moet voor die einde van Februarie ook daar intrek.By een woonstel het die eienaar nie ingetrek nie en dit het leeg gestaan.Dis toe gevandaliseer en die voordeur is stukkend geskop.Binne-in die huis is elektriese kabels uit die muur geruk en ’n wasbak is beskadig.Die inwoners worry omdat daar nog nie mense in ál die woonstelle is nie en dis klaar ’n gemors. Hulle sê gangsters rumoer daar asof dit hulle eiendom is.Raadslid Jerome Fitz van wyk 16 vra die eienaars om dadelik in te trek wanneer hulle hul huis se sleutels van die departement ontvang.“As die huise leeg staan, is daar altyd die moontlikheid dat kriminele die plekke kan gebruik en vandaliseer.“Fase 1 van die projek is klaar en baie mense het reeds ingetrek. In die geval van die woonstel wat gevandaliseer is, is die eienaar opgespoor en hy trek nou in.”Forest Heights 1 se buurtwag het die woonstel gesien wat gevandaliseer is en het die kwessie onder die raadslid se aandag gebring.Een van die buurtwaglede, Angela Pienaar, sê dit gebeur dat gangsters leë huise gebruik en drugs daaruit verkoop.“Ons stuur inligting na die polisie, maar hulle reageer nie altyd nie. “Ek glo daar is nie genoeg samewerking tussen die Kleinvlei-polisie en die neighbourhood watch nie.”Sy sê ook daar is te min buurtwaglede om oral te wees.Fitz sê as daar enige issues by die woonstelle is, kan die inwoners die polisie, metropolisie, law enforcement of vir hom kontak.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.