Raaisel ná moord op sokkerbaas

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE moord op Siphiwo “Mawawa” Nyobo, die sokkerbaas van die Oos-Kaapse span Tornado FC, is ’n raaisel.Hy is net buite die North End-stadion in Oos-Londen doodgeskiet.Die 68-jarige Nyobo is Saterdag omstreeks 16:30 in Lennoxstraat vermoor.Kapt. Hazel Mqala, ’n polisiewoordvoerder, sê ’n man wat vermoedelik die driver van die sokkerbaas was, is in die bors gewond.’n Omstander is ook in die skietery gewond.MotiefDie gewondes is dadelik na die naaste hospitaal geneem.Sowetan LIVE berig drie verdagtes, wat te voet was, het op die sokkerbaas se voertuig losgebrand toe hy by die stadion uitgery het nadat hy sy span se game in die ABC Motsepe League daar gekyk het.Die motief vir die skietery is nog nie bekend nie, maar die polisie sê hulle ondersoek die voorval.Die skieters is nog nie aangekeer nie. – News24

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/raaisel-na-moord-op-sokkerbaas-20190309

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.