Rape en moord: 3 voor

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE verhoor van drie jong mans wat teregstaan op onder meer ’n moordklag en twee klagte van verkragting, begin na verwagting vandag in die Baaise hooggeregshof. Xola Njoloza (25) en Thulani­ Jusaya (18), albei van New Brighton, en ’n 17-jarige seun staan benewens dié klagte tereg op ’n klag van poging tot moord, twee van roof met verswarende omstandighede, twee van ontvoering en twee van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie.Adv. Megan September, die staatsaanklaer, het gister gesê die staat moet nog met die verdediging konsulteer met betrekking tot die beskuldigdes se 220-erkennings.Die drie se hofverskyning spruit uit ’n voorval op 13 Augustus 2016 toe die klaagster en haar vriend in sy motor in Prince Alfred-weg, Noordeinde, gesit het. ’n Onbekende voertuig het toe agter die oorledene se motor stilgehou. Die beskuldigdes en nog mans met vuurwapens het uit die motor gespring en aangedring op die klaagster en oorledene se selfone.Kort nadat die beskuldigdes die klaagster en oorledene in sy (die oorledene se) kar se boot toegesluit het, het hulle aangedring op die oorledene se bankkaart se PIN.’n Bedrag van R200 is uit die oorledene se bankrekening onttrek. Die klagstaat lui verder dat die klaagster ná ’n ruk uit die boot gehaal is. Die oorledene moes agterbly.Dis toe dat Jusaya en die onbekende persoon die klaagster verkrag het.Kort voordat Jusaya die klaagster weer gerape en met die dood gedreig het, het hy die oorledene doodgeskiet.Die klaagster het die saak by die polisie aangemeld kort nadat die beskuldigdes haar in Rinkstraat afgelaai het. Luidens die klagstaat word Jusaya deur DNS positief met die voorval verbind. Die saak dien voor regter Elna Revelas.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/rape-en-moord-3-voor-20190225

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.