Rape, roof: Ou pleit skuldig

Please log in or register to like posts.
News
Rape, roof: Ou pleit skuldig

DIE hof het gister in die Baai gehoor hoe ’n veroordeelde rapist­ sy vingers in sy slagoffer se vagina gedruk het om van enige sperm ontslae te raak.Dié gruesome getuienis is vervat in die pleitverduideliking van Thulani Jusaya (20) van New Brighton.Regter Elna Revelas het Jusaya gister in die Baaise hooggeregshof skuldig bevind op twee rape-klagte, twee klagte van roof met verswarende omstandig­hede, twee klagte van ontvoering, klagte van die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie en gewone aanranding.Hy het minute vroeër op dié klagte skuldig gepleit. Jusaya pleit egter onskuldig op die moordklag.Sy medebeskuldigdes, Xola­ Njoloza en ’n minder­jarige seun, het onskuldig gepleit op twee klagte van ontvoering, twee van roof met verswarende omstandighede en die moordklag.Jusaya sê in sy pleitverduideliking die aand van 13 Augustus 2016 was hy in die geselskap van Njoloza, die seun en twee ander manspersone, ene Fish en Mbiwe.Volgens hom het hulle die dag alkohol gedrink en drugs gerook. Hy sê op pad vanaf Sentraal in Prince Alfred-weg het Fish na ’n Polo-voertuig beduie met twee insittendes in. Die voertuig was langs die pad geparkeer. Volgens hom het hulle stilgehou, waarna hy (Jusaya) uitgeklim en ’n vuurwapen op die driver van die voertuig gerig het.Nadat die driver en die vrou in hul kar se boot geboender is, het Jusaya met die Polo gery in die rigting van Kempstonweg. Jusaya sê toe hy die kar stop om die ontvoerde man en vrou af te laai, het Fish daarop aangedring dat hulle die man en vrou moet vermoor omdat die twee hulle aan die cops kan uitwys.Nadat die ontvoerde man gedwing is om die pin van sy Capitec-bankkaart aan Jusaya te gee, het hulle stilgehou en R200 uit sy bank­rekening onttrek.Hierna het hulle gery. BeveelVolgens Jusaya het Fish hom beveel om die kar se boot oop te maak sodat die vrou ook vermoor kan word, maar dat hulle haar eers moet verkrag.Jusaya sê hy het die vrou vaginaal gepenetreer, terwyl Fish haar beveel het om sy penis te suig. Hy sê voordat hy kon kom, het hy en Fish posisies gechange­.Volgens Jusa­ya­ het Fish toe opdrag gegee dat die vrou ’n shower moet vat by St. George’s Beach sodat hulle nie deur middel van DNS met die misdrywe verbind kan word nie. Jusaya sê dis toe dat hy sy vingers in die vrou se vagina gedruk het om sodoende ontslae te raak van enige sperm of vloeistowwe daarin.Volgens Jusaya het hy die vrou weer opdrag gegee om sy penis te suig terwyl die vuurwapen in sy besit was.Hy sê die vrou is hierna in Westbourne Road in Sentraal afgelaaiJusaya sê toe hulle later by New Brighton Beach aankom, het Fish hom beveel om die kar se boot vir die man oop te maak.Volgens Jusaya het Fish die man tot op sy knieë gedwing waarna hy ’n skoot gehoor het. Volgens hom het Fish die slagoffer geskiet.Advv. Megan September en Mark Driman kla aan.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.