Rapist beken hy was sleg

Please log in or register to like posts.
News
Rapist beken hy was sleg

NADAT die beskuldigde in aanhouding geplaas is, het hy multidrug-resist­ant tuberculosis (MDR-TB) opgedoen. Dit is in sy pleit­ooreenkoms genoem as een van ’n rits versagtende faktore.Wat ook ter versagting getel het, is dat die beskuldigde geen vorige veroordelings het nie.Die beskuldigde was onder die invloed van alkohol voordat hy sy slagoffer verkrag het.Hy was egter ten volle bewus van die effek van die alkohol.Hy is ongetroud en het ’n vierjarige laitie wat by die ma woon.Die beskuldigde het ’n kursus in security-werk voltooi nadat hy ge­matrikuleer het.VerantwoordelikheidToe hy in hegtenis geneem is, het hy gewag om te hoor oor ’n job as security guard.Nog versagtende fak­tore is dat hy skuldig pleit, verantwoordelikheid aanvaar vir sy misdaad en sy ouma, ma, suster, antie­ en verskeie ander staatsgetuies ’n moontlike uitgerekte verhoor wil spaar.Omdat hy skuldig pleit, spaar die beskuldigde die slagoffer ook om die or-deal te herleef.Luidens die pleit­ooreenkoms het die misdaad ook familiebande geaffekteer en voel hy verantwoordelik daarvoor.BehandelDie pleitooreenkoms is daarop gemik om verdere skade aan die familie­bande te verhinder omdat die beskuldigde en slagoffer se ma’s susters is.Hy is op 20 Desember 2016 gearresteer en is sedertdien in aanhouding.Die beskuldigde word in die Jose Pearson-hospitaal behandel.Die behandeling word egter Dinsdag gestaak omdat hy volkome herstel het.

Reactions

Nobody liked ?