‘Rapist’ moet shrink sien | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE rape trial van twee vermeende rapists wat veronderstel was om gister te begin, is tot vandag uitgestel omdat een van die beskuldigdes – ’n minor – eers ’n kopdokter moes gaan sien.Donovan Heugh (25) van Helenvale staan saam met die 16-jarige seun – ook van Helenvale – tereg op onder meer twee klagte van verkragting.KonsultasieDie laitie se lawyer, adv. Jodine Coertzen, het aan die hof gesê die seun was verbonde aan ’n skool vir leerders met spesiale leerbehoeftes en hy is stadig van begrip.Coertzen sê sy het dit ook agtergekom tydens haar konsultasie met die seun. Sy het gevra die saak moet tot vandag uitgestel word sodat die seun eers ’n sielkundige kan gaan sien.Die sielkundige sal dan kan vasstel of hy in staat sal wees om die hofverrigtinge te volg. Luidens die klagstaat het die klaagster in die saak die oggend van 17 Julie 2017, om en by 05:55, in die omgewing van Bell Road vir haar transport gewag om haar werk toe te neem.’n Wit VW Golf het langs haar stilgehou en twee mans het uit dié voertuig gejump. Een van die mans het ’n vuurwapen op die klaagster gerig. Hy het haar toe gegryp. In die proses het die ander man haar handsak gegryp. Die vrou is by die voertuig ingeforseer en die mans het met haar weggejaag. In daardie stadium was daar drie mans in die voertuig. Die voertuig het by die Gelvandale-sportterrein stilgehou. Die driver het toe weggery en die klaagster by die twee mans gelos. Die twee het die vrou toe by ’n beboste gebied ingesleep.Daar het Heugh ’n vuurwapen op die verskrikte vrou gerig en haar beveel om te strip. Die minderjarige seun het intussen sy swart jacket uitgetrek en op die grond gegooi.Heugh en die seun het toe beurte gemaak om die slagoffer te verkrag.Ná die rape het die tiener geloop.Heugh het by die klaagster agtergebly.Toe die klaagster ’n phone call van haar employer kry, het Heugh die foon geantwoord. Hy het egter die foon afgeskakel toe die employer weer bel.Hy het haar toe van haar horlosie en earrings gerob en met die dood gedreig. Heugh het haar toe nog gedwing om saam met hom te stap, waarna hulle in ’n taxi geklim het.Die taxi het die vrou naby haar huis gedrop.Adv. Mark Driman kla aan.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/rapist-moet-shrink-sien-20181107

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply