Rapist nou vir 8 jaar tronk toe

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

AG JAAR agter tralies.Dít is die vonnis van Riaan Hendrickse (37) nadat hy byna ’n jaar terug ’n vrou verkrag het.Die verkragting van die 21-jarige vrou het op 25 November 2017 omstreeks 02:30 in Kamesh in Uitenhage gebeur.Kapt. Gerda Swart, ’n polisiewoordvoerder, sê die victim het saam met Hendrickse na sy huis gegaan om haar boy­friend te gaan sien.“Die boyfriend was nie daar nie. Toe die victim uit die huis gegaan het, het die beskuldigde haar terug in die huis geforce, waar hy haar aangerand en verkrag het.”LofDie vrou het later hulp by haar vriende gekry, waarna hulle haar huis toe geneem het.Die saak is by die polisie in Kamesh aangemeld en Hendrickse is op 28 November gevang.Die waarnemende kluster-bevelvoerder, brig. Ronald Koll, is vol lof vir die ondersoekbeampte van die polisie se eenheid belas met familiegeweld, kinderbeskerming en seksuele oortredings, sowel as die streekhof in Uitenhage.“Die vonnis moet as ’n afskrikmiddel dien vir enige een wat misdade teen vroue en kinders wil pleeg.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/rapist-nou-vir-8-jaar-tronk-toe-20181106

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply