Rapist se aansoek afgekeur | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Rapist se aansoek afgekeur | Die Son

DIE aansoek van ’n jong rapist van Helen­vale­ om teen sy skuldigbevinding aan verkragting te appelleer, het eergister in die Baaise hooggeregshof misluk.Die aansoeker is Wan­daray Ruiters (18).Hy is verlede maand 12 jaar tronkstraf opgelê vir die rape van ’n kleuterskool-onnie.Regter Glen Goosen het hom sewe jaar tronkstraf opgelê vir roof met verswarende omstandighede en drie jaar vir ontvoering.Sy makker, die 25-jarige Donovan Heugh – ook van Helenvale – is lewenslank gevangenis toe gestuur op onder meer ’n klag van verkragting. Die twee het die onnie op 17 Julie 2017 ontvoer en in die bosse naby die Gelvan-sportterrein gerape.Ruiters sê in hofdokumente met betrekking tot die verkragtingsklag het die hof gefouteer deur te bevind die staat het sy saak in dié verband bo redelike twyfel bewys.Die dokument lui voorts die hof het gefouteer deur nie te aanvaar dat die aansoeker – soos die staat aangevoer het – gedreig en dus gedwing is om die vrou te verkrag nie. Ruiters sê die staat sê in sy eie weergawe hy (Ruiters­) het die toneel onmiddellik verlaat toe dit veilig was.Hy sê dit is ook die staat se weergawe dat daar voor die rape ’n stryery tussen hom en Heugh uitgebreek het omdat Ruiters wou hê Heugh moet die klaagster laat gaan. Volgens Ruiters dui die bewyse voor die hof nie daarop dat hy, Heugh en die derde persoon wat die voertuig bestuur het, geaffilieer­ is by ’n bende wat gereeld misdade pleeg nie.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.