Rapist tjank snot en trane

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N JONG rapist het gister hartverskeurend gehuil toe hy en sy makker aan onder meer rape skuldig bevind is.Die 17-jarige laitie was so upset dat hy sy vuis teen ’n muurtjie in die hof geslaan het.Regter Glen Goosen het die seun van Helenvale skuldig bevind op aanklagte van rape, ontvoering en roof met verswarende omstandighede.Sy medebeskuldigde, Donovan Heugh (25), ook van Helenvale, is skuldig bevind op aanklag van rape, ontvoering, roof met verswarende omstandighede en ’n klag wat verband hou met die rig van iets wat ’n persoon kan laat dink dis ’n gun.Die twee se skuldigbevinding kom nadat hulle op 17 Julie 2017 ’n 33-jarige onderwyser in Gelvandale ontvoer en haar naby die Gelvan-sportterrein verkrag het.Goosen het gesê hy is tevrede met die onnie se getuienis.Volgens hom het sy ’n consistent en duidelike weergawe van die gebeure gegee.Die regter het gesê die klaer se getuienis oor die rape strook met die getuienis van dr. Tony Moodley.Moodley het vroeër getuig die beserings aan die onnie se vagina is consistent met gedwonge vaginale penetrasie.Goosen het bevind haar getuienis dat sy ontvoer, beroof en na die Gelvan- sportterrein geneem is, strook met die getuienis van die tienerseun.Volgens Goosen het die klaagster voorts getuienis gelewer wat in die guns van die minderjarige seun tel, naamlik dat hy onwillig was om haar te rape en oor sy state­ of mind.Die regter het bevind dit alles bewys haar eerlikheid en geloofwaardigheid. Volgens Goosen was daar geen weersprekings in die klaagster se getuienis gedurende kruisondervraging nie.Hy het bygevoeg die klaagster was ’n paar uur in die company van Heugh – meestal toe dit al buite lig was.Goosen het gesê om dié rede kon sy hom onmiddellik uitken.Volgens Goosen het Heugh glad nie ’n goeie indruk as getuie gemaak nie.Goosen het gesê sy weergawe word gecontradict deur die seun en dis boonop hoogs onwaarskynlik.SwakDie regter het Heugh se weergawe verwerp.Volgens Goosen was die seun nie ’n swak getuie nie.Hy het gesê die seun se weergawe strook met belangrike aspekte in die klaagster se getuienis.Goosen het nietemin sy getuienis – waar dit in kontras is met dié van die klaer – verwerp.Volgens Goosen differ die seun se getuienis met dié van die klaer oor hoe hulle by die sportterrein uitgekom het. Hulle verskil ook oor die teenwoordigheid van ’n gun, ’n derde persoon en die rape.Hy het na die verskille van die seun verwys as selfsugtig en gesê hy wou sy en Heugh se rol verwater.Die saak is tot 24 Januarie uitgestel vir voorvonnisverrigtinge.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/rapist-tjank-snot-en-trane-20181115

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.