Regter ontken partydigheid | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

GETUIES moet met respek behandel word.So het regter Mandela Makaula gister gesê toe hy sy redes verskaf het oor hoekom hy Peter Daubermann se aansoek om verlof tot appèl geweier het. Daubermann se een aansoek om verlof tot appèl behels dat Makaula hom aan die saak moet onttrek.Makaula het gister genoem regters is menslik en hulle bring hulle lewens-ervarings na die bench.Volgens Makaula doen getuies ’n public duty wanneer hulle kom getuig en getuies moet die hof help by die waarheid uitkom. Volgens Makaula is hy verstom deur die argument dat hy kastig simpatiek is teenoor Cheryl Zondi (22), die eerste staatsgetuie.Hy sê hy het niks gedoen om Zondi te troos nie en hy weet nie wat haar cause is nie. “Al wat ek weet, is dat sy getuig oor wat met haar gebeur het.” Hy sê dit is belaglik om te aanvaar hy het reeds Zondi se getuienis aanvaar.Hy sê daar is nog geen bewyse voor die hof dat hy kant kies in die saak nie. Volgens hom het die applikante daarin gefaal om te bewys hy is partydig.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/regter-ontken-partydigheid-20181025

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.