Regter se kop rol – lawyer

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE regter in die saak van die vermeende Nigeriese sekspes-pastoor Timothy Omotoso, gaan hom glo aan die saak onttrek. Omotoso se lawyer, Peter Daubermann, sê die staat en verdediging was Woensdag in ’n vergadering met regter Mandela Makaula. Hy sê die regter het toe ingestem om hom aan die saak te onttrek. Dít gaan glo op 15 Maart gebeur wanneer Makaula ook sy redes sal gee. Gerugte wil dit hê dat Makaula ’n gastehuis in­direk­ besit deur ’n maatskappy waar sommige van die staatsgetuies in Omotoso se verhoor oorgebly het. Luidens ’n brief wat Daubermann aan die direkteur van openbare vervolging in die Oos-Kaap geskryf het, het dié brokkie inligting uitgekom in ’n gesprek in chambers met Nceba Ntelwa, ’n staatsaanklaer. Dít was kort voordat Omotoso se saak Maandag in die hooggeregshof uitgestel is. Ntelwa het blykbaar nie die name van dié staatsgetuies genoem nie, maar tot op hede het nog net een getuie, Cheryl Zondi, in die saak getuig. Makaula se behandeling van Zondi was laas jaar ook die onderwerp van verskeie aansoeke deur Omotoso en sy twee medebeskuldigdes, Lusanda Sulani en Zukiswa Sitho, dat Makaula hom aan die saak moet onttrek. AfgekeurDie drie eis ook dat die klagte teen hulle geskrap moet word. Dié versoeke het egter nog met elke aansoek geflop­. Eers in die Baaise hooggeregshof, daarna aansoeke om verlof tot appèl teen die aanvanklike beslissing.Toe het hulle die versoek na die appèlhof in Bloemfontein geneem. Ook dié hof het die aansoek afgekeur, aangesien daar geen vooruitsig op sukses is nie. Daarna het die lede van die verdediging hulle tot die grondwethof gewend. Omotoso en sy beskuldigdes se saak is Maandag tot 16 April uitgestel, aangesien hulle wag vir die grondwethof se beslissing.Makaula het destyds gesê aantygings dat hy Zondi favour­ en dus biased is, is vals en sy statements word doelbewus buite konteks beskou.Volgens Makaula is Zondi se getuienis regstreeks op TV uitgesaai en het sy by tye emosioneel geraak en in trane uitgebars. Makaula het gesê dit gaan nie hier oor wie wen en wie verloor nie, maar oor geregtigheid wat moet geskied.MensehandelTsepo Ndwalaza, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, sê hy kan eers kommentaar lewer wanneer hy meer inligting oor die saak het. Omotoso, Sulani en Sitho staan tereg op 97 seksverwante klagte. Dit wissel van verkragting, seksuele aanranding en mensehandel.Hulle weier om op die klagte te pleit. Omotoso is in April 2017 gearresteer en is tans in aanhouding.Sulani en Sitho is later ge­arresteer en is uit op bail.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/regter-se-kop-rol-lawyer-20190207

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.