Reünie: 1 dood | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus
Reünie: 1 dood | Die Son

Update
Port Elizabeth

’N BOYS-REÜNIE het lelik skeefgeloop toe ’n rugbyspeler dood- gesteek is.Nolan Gertse en ’n groep vriende, almal spelers van die Swellendam-rugbyklub, is Saterdagoggend in die vroeë ure erg aangerand tydens ’n night out. Gertse is doodgesteek buite die nagklub Rumours­ in Malmesbury nadat ’n helse fight tussen hulle en ander klubgangers uitgebreek het.Volgens Gertse se swaer, Gushin Willemse, het die tjommies ná ’n braai by een van die vriende se huis besluit om Rumours­ toe te gaan.Willemse vertel: “Hulle sou die volgende dag by ’n plek in die Weskus inboek.“Maar daar het ’n helse fight by die klub uitgebreek.“Die polisie het gesê daar was seker so 30 tot 40 mense betrokke.”Volgens Willemse het Gertse en sy vriende probeer wegkom en na hulle kar gehardloop.Die vriende was onbewus daarvan dat Gertse gesteek is, sê Willemse.“Hulle wou in die kar spring, maar het gesukkel.“Hy het toe vir hulle gesê hy is gesteek.“Daar is onmiddellik met hom na die naaste hospitaal gehaas.“Hy het op pad na die hospitaal aan sy wonde beswyk.”Willemse sê dit gaan glad nie goed met sy suster en Gertse se vrou, Lauren, nie.Hy sê: “Dit was haar eerste liefde.“Hulle was saam van skooljare af.“Sy ken nie ’n ander man nie. “So, ons kan verstaan hoekom dit so moeilik is vir haar.“Ons staan haar maar by.”gebroke: Nolan Gertse en sy vrou, Lauren, op hul troudag.Foto’s: facebookLance Levendal, die eienaar van Rumours, sê hy is bewus van die voorval.Volgens Levendal is dit buite hulle beheer wanneer ’n voorval buite die klub plaasvind.Hy verduidelik: “Ek was binne besig toe die bakleiery uitbreek.“Toe ek buitekant kom, het die bakleiery al in die pad op beweeg. “Ons sekuriteit is net verantwoordelik wanneer ’n voorval binne die klub gebeur.”Volgens Willemse het niemand nog ’n verklaring aan die polisie gegee nie.Hy sê die saak is ook intussen aan ’n ander ondersoekbeampte toegewys.Willemse en die familie sal vandag Gertse se lyk in Malmesbury uitken.

https://www.son.co.za/Nuus/Kaapsenuus/reunie-1-dood-20180924

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.