Rohde ‘nie killer’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Rohde ‘nie killer’ | Die Son

’N SIELKUNDIGE meen Jason Rohde het nie die psige van ’n killer nie.Rohde, wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou, Susan, wag vonnisoplegging af.Dr. Kevin Stoloff het gister in voorvonnisverrigtinge vir die verdediging getuig oor wat in Rohde se kop aangaan.Rohde is al verlede maand in die Kaapse hooggeregshof skuldig bevind.Hy het Susan vermoor terwyl hulle in Julie 2016 op die Spier-wynlandgoed buite­ Stellenbosch gebly het.Stoloff het getuig hy het Rohde die eerste keer op 8 September 2016 gesien.Sy laaste assessering van hom was op 13 November in die Pollsmoor-gevangenis se hospitaal.Stoloff sê Rohde was aanvanklik ’n man wat ambisieus en vol selfvertroue voorgekom het.Hy getuig dat Rohde in Januarie tekens van depressie met selfmoordgedagtes getoon het.Rohde is in die Crescent-kliniek opgeneem nadat Stoloff medikasie aan hom voorgeskryf het.Jason RohdeStoloff getuig daar is geen bewyse dat Rohde gewelddadig teenoor Susan in hul huwelik was nie.Hy sê Rohde is die soort man wat die blame vir alles aanvaar het as iemand hom vir iets verkwalik het.Stoloff sê Rohde het selfs sy verhouding met ’n ander vrou van Susan weerhou.Hy getuig: “Ek dink nie hy pas in enige psigiatriese, sielkundige en persoonlike kriteria van mans wat hul eggenotes vermoor nie.“Dit sou glad nie sy geaardheid gewees het om die misdaad waarvan die hof hom skuldig bevind het, te pleeg nie.”Rohde se lawyer, adv. Graham van der Spuy, en regter Gayaat Salie-Hlophe het gebots toe Stoloff oor Rohde se hospitalisering getuig het.VerbandStoloff getuig dat hy besluit het dat Rohde gehospitaliseer moet word, want hy was nie in ’n toestand om sy lawyers deeglik te brief nie.Salie-Hlophe het aan Van der Spuy gesê hy moet net getuienis lei wat verband hou met versagting van vonnis.“Hierdie is nie ’n borgtogaansoek nie,” het sy gesê.Jason se dogter Kate, het anders as wat verwag is, toe nie gister getuig nie.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.