Rolstoel afgevat, toe upgrade hy

Please log in or register to like posts.
News
Rolstoel afgevat, toe upgrade hy

CALITZDORP. – ’n Rolstoel wat bedoel is om ’n gestremde se lewe te verbeter, het ’n struikelblok geword.Wessel en Rosetta Hendricks is behoorlik die joos in omdat Wessel se rolstoel afgevat is.Wessel vertel: “Hier was mense van die parlement wat rolstoele uitgedeel het vir gestremdes. Toe ek daar aankom, het een van hulle vir my gesê ek moet vir my ’n rolstoel kry. “Mens, ek was bly – my eie, nuwe rolstoel. Toe vra ek ’n vriend met ’n kar om dit huis toe te neem.”Maar dit was toe hulle by Wessel se huis in Royal Heights aankom dat daar vir hom ’n onaangename verrassing gewag het.“Toe ons stilhou, kom Anthony Ewerts, ’n gemeenskapsleier, agterna. Hy beveel my toe om die rolstoel terug te gee. Kwansuis omdat ek dit sou gesteel het.“Mense, hoe steel mens ’n rolstoel helder oordag en vra nog ’n vriend om dit huis toe te ry?”Rosetta voeg by: “Wessel het daai stoel wettig gekry. My man verdien dit. “Vir wat moet hy dit steel? Van alles word mos politiek gemaak.”Ewerts is met die rolstoel weg.“Genadiglik het die liewe Vader na my omgesien. Want daar stuur my seun my ’n ‘4×4-rolstoel’!“Ek het hom vertel wat my oorgekom het. God sit hoog, maar sien laag.”Ewerts sê: “Wessel was nie geregtig op die stoel nie. Hy het dit inderdaad gesteel. “Dit is nie vir hom gegee of bedoel nie. Omdat ek hom ken, wou ons nie ’n saak teen hom maak nie.”

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.