Rowerbende oorval vrou, beroof haar

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE cops in die Baai is op soek na vier mans wat ’n bejaarde vrou Vrydagoggend in haar townhouse by Charlton Place in Avondale Road vasgebind het.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, sê die 71-jarige vrou, wat home alone was, het omstreeks 02:00 ’n lawaai gehoor en toe ondersoek gaan instel.OorrompelOmdat sy toe niks gesien en weer gehoor het nie, is sy terug slaap­kamer toe.Naidu sê dit was tóé dat vier mans haar oorrompel, vasgebind en haar beveel het om op die vloer te lê.Die vrou het later uit haar kamer gekom toe die huis weer stil was.Volgens Naidu het sy ligte beserings aan haar nek opgedoen.Die mans het gevlug met haar TV, DVD player en juweliersware.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/rowerbende-oorval-vrou-beroof-haar-20190105

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.