Rowers steel Sassa-kaarte | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

ALTESAME 3 000 Sassa-kaarte is tydens ’n inbraak by die Poskantoor in Zwide in die Baai gesteel.Personeellede het die inbraak by die Poskantoor ontdek toe hulle Maandag om 07:30 aanmeld vir diens.Die inbrekers het tydens die inbraak toegang tot die hoofkluis gekry en goedere van meer as R100 000, insluitend die Sassa-kaarte, geld, laptops en selfone, gesteel. Kapt. André Beetge, polisiewoordvoerder, sê dit lyk asof die diewe die diefwering met bolt cutters oopgeknip het. “Die voorval het gebeur êrens tussen Saterdag nadat die personeel gesluit het en huis toe is, en Maandagoggend. Nadat die diewe by ingekom het, het hulle die kluissleutel, wat in die gebou weggesteek was, gekry.”’n Saak van huisbraak by ’n sakeperseel word in dié stadium ondersoek.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/rowers-steel-sassa-kaarte-20190205

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.