‘Rus jeug toe’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
‘Rus jeug toe’ | Die Son

DIE United Nations Leadership­ Academy se CEO het gister uitgevaar teen Baaise skoolhoofde, kerkleiers en ouers wat hulle die naweek net afgevee het aan die Akademie se Anti­-Tyre Burning­veldtog in Standfordweg. Die Academy is ’n platform om die doelstellings van die United­ Nations­ te bevorder. Volgens Henry Jacobs, CEO, het hy – terwyl hy in Nieu-Seeland gewoon het – agtergekom dat daar ’n trend is van tyres brand in Suid-Afrika. Hy sê toe hy verlede jaar terugkeer Suid-Afrika toe, het hy besef daar is ’n behoefte om dié issue te pak.Jacobs sê die jeug het nie ’n stem om hul ongelukkigheid te demonstreer nie en om dié rede brand hulle tyres – sonder dat hulle die skade aan die infrastruktuur besef. “Baie jong mense verstaan nie hul maatskaplike verantwoordelikhede in gemeenskappe nie. Ek wil hê die jeug moet toegerus, bemagtig en educated wees.”aksie: Hier is van die leerders van die Hoërskool Booysenpark wat Saterdag se veldtog in die Baai bygewoon het. Hulle is van links Juzade Goeda, Hope Frazer, Zanele Owen en Alston Welman. Foto’s: theo jepthaJacobs sê die mense in die Baai likes kla, maar hulle is nie bereid om hul hande vuil te maak om die status quo te verander nie. “Hulle kry die kans om deel te wees van die oplossing, maar dan stel hulle nie belang nie.” Dié ex-cop, wat in 1997 instrumenteel was om bendegeweld in die Paarl te beëindig, sê hy was so upset toe hy sien hoe swak Baaienaars die veldtog Saterdag support het. Volgens Jacobs is briewe aan ouers gestuur om te sign en sodoende toestemming te gee dat hul kinders die veldtog bywoon.Hy sê 90% van ouers het nie eens die briewe gesign of hul kinders kom support nie. Volgens hom was daar nie eens skoolhoofde in die Baai wat die event by hul skole afgekondig het nie.“Skoolhoofde regoor PE sê sommer hulle stel nie belang in die veldtog nie, maar wanneer ’n mens met hulle in hulle kantore gesels, dan moan hulle.Afwesigheid“As tyres brand, raak dit model-C-skole ook, want driekwart van kinders by model-C-skole kom uit die Northerns en die townships.” Hy sê Baaise kerkleiers – veral dié van die Northerns – het Saterdag net so deur hulle afwesigheid geskitter. gefokus: Van die handjievol mense wat Saterdag aan die veldtog deelgeneem het. “Daar was nie een pastoor by Saterdag se event nie. “Al wat hulle net sê, is dat dit ’n goeie ding is.” Volgens Jacobs is skoolkinders glad nie happy met die tyre burning nie.“Skade van miljoene rande is al aangerig. “Dis hoekom daar nie werk is nie, want nou moet die munisipaliteit die geld vat om die beskadigde infrastruktuur te herstel.“Ons soek meer support.”Hy sê dis thugs wat nie wil skoolgaan nie en gangsters­ wat alles afbreek.“Ons moet opstaan, anders breek hulle ons gemeenskappe af.” Volgens Jacobs soek die mense in die Kaap projekte soos dié met ’n seer hart.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.