Sactwu-hoë ‘gaps miljoene’ | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Sactwu-hoë ‘gaps miljoene’ | Die Son

COLLEEN Khumalo, die voormalige CEO van die Suid-Afrikaanse klere-en-tekstielwerkersunie (Sactwu), is in die sop.Bewerings van bedrog met sowat R50 miljoen hang oor haar kop.Khumalo het laas week saam met dr. Alfred Bere, ’n bioloog, hof geloop.Khumalo is Donderdag in die Kaapse streekhof op borgtog van R20 000 vrygelaat en Bere op borgtog van R100 000.Die staat voer aan daar was bedrog in verband met donasies wat aan Sactwu se wekersgesondheidsprogram geskenk is.Kapt. Philani Nkwalase, woordvoerder van die Valke, sê Khumalo en Bere se arrestasie en verskynings het gespruit uit ondersoeke deur die Valke se eenheid teen ernstige handelsmisdaad.Die ondersoek was na bewerings van wanbesteding van geld uit Amerika, sê Nkwalase.Siektes“Die geld was bedoel vir herverdeling onder verdienstelike organisasies sonder winsbejag, sê Nkwalase.“Dit was bedoel vir die bestryding van oordraag­bare siektes deur die verskaffing van gesondheidsdienste.”Volgens Nkwalase het Bere­ van 2016 tot 2018 bedrieglike fakture vir bedrae van meer as R50 miljoen ingehandig.Hy sê dié bedrag is dalk nie al nie, want die bedrog was “in sameswering met verskeie ander ondernemings of mense”.Volgens Nkwalase dui die voorlopige ondersoeke daarop dat Bere, ’n Amerikaanse burger wat in Zimbabwe gebore is, by die wanbestuur van skenkergeld betrokke is.Bere is op 24 Augustus 2018 by die Beitbrug-grenspos gearresteer waar hy op pad na Zimbabwe was.Khumalo en Bere se saak is tot 29 April uitgestel vir nader ondersoek.

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.