‘Sangoma con 2 uit R2,4 m.’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

’N MAN wat hom as ’n sangoma voorgedoen en mense se ancestral be­liefs uitgebuit het, het twee onnies glo uit meer as R2 miljoen bedrieg.Die beskuldigde, Bashil Lauw Kasenjera, ’n onwettige Malawiese immigrant, het Vrydag vlugtig in die Baaise handelshof verskyn.Hy staan tereg op klagte van bedrog en die verontagsaming van die Consumer Protection Act.Kasenjera is nog nie gevra om te pleit nie.VerdubbelSó werk die sogenaamde ancestral scam: Slagoffers word bedrieg om te glo hulle voorvaders praat met hulle en instruct hulle om sekere dinge te doen of nie te doen nie. Hulle word ook ingelig die voorvaders wil vir hulle geld gee, maar meer geld is nodig om die geld te cleanse of te verdubbel.Die vermeende slagoffers is Thembela Kalimashe en Mlungisi Booi.Kalimashe is na bewering uit R1 727 900 en Booi uit R669 000 bedrieg.Luidens die klagstaat het Kasenjera in Februarie 2015 vir Kalimashe gekontak.Hy het haar glo oortuig haar ances­tors het hom gestuur om haar met haar geldsake te help.Kasenjera het hom glo as ’n san­goma voorgedoen – ene Norma van Swaziland.Van Februarie tot Junie 2015 het Kasenjera glo Kalimashe verskeie kere na sy huis in Caledonstraat in Uitenhage geneem.Daar het hy rituals perform en glo op haar spiritual belief gespeel deur haar te laat glo sy kommunikeer met haar ancestors en hulle gee haar instruksies.Kalimashe het daarop ingestem om uit die onderwys te bedank.In dié tydperk het Kasenjera vir Kalimashe kontant gegee om haar finansieel by te staan. Hy het haar glo gesê haar ancestors het die geld vir hom gegee om haar finansieel by te staan tot en met haar pension payout.Kalimashe het in Maart 2015 bedank en haar pension lump sum op 26 Mei 2015 gekry.Van 29 Mei tot 15 Junie 2015 het Kasenjera glo vir Kalimashe uit R1 727 900 bedrieg.Hy het na bewering aan haar gesê haar ancestors dring aan dat dié geld skoongemaak word.Kalimashe het eventually haar kar verkoop en R60 000 aan die beskuldigde gegee vir die cleansing.Kasenjera is in aanhouding.Bail is vroeër geweier.Die saak is tot 4 Desember uitgestel vir verhoor.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/sangoma-con-2-uit-r24-m-20181028

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.