SAPD jag 2 wat cop vermoor

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DIE nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sitole, het ’n 72 uur-aktiveringsplan geïmplementeer om twee Baaise cop killers te vang.Konst. Manama (36) van die Mountweg-polisiestasie se speurtak is Woensdagmiddag doodgeskiet.Hy was van die St. Albans-gevangenis af op pad terug na die Mountweg- polisiestasie toe hy ’n silwergrys VW Polo met twee insittendes gewaar het.Dié voertuig het hom van Tembaniweg tot in Draaifonteinweg agtervolg.’n Verdagte het die kar bestuur en die ander het op die back seat gesit.Die konstabel het toe radiobeheer gekontak en hulle in kennis gestel die motor tail hom.Ewe skielik was die radio stil en die polisie het vir backup geroep om ondersoek te gaan instel.Polisielede het afgekom op sy lyk, wat 2 m van sy staatsvoertuig af gelê het.Hy het ’n koeëlwond in die kop gehad. Hy het steeds sy dienspistool op hom gehad.GENL. KHEHLA SiITOLEFoto: leon bonthuys/son’n Bullet-gat was aan die voorste kardeur aan die linkerkant en die sleutels was nog in die igni­tion.Sitole het die moord op die Baaise cop veroordeel.“Alle sektore van die gemeenskap moet die moord op die konstabel ten sterkste veroordeel.“ ’n Multi-dissiplinêre span het die taak om die saak te ondersoek en diegene wat die moord gepleeg het, so gou as moontlik vas te trek.”Enige iemand met inligting oor die voorval word gevra om hulle naaste polisiestasie te kontak of die SAPD se tolvrye misdaadnommer by 08600 10111 te skakel.Inbellers mag anoniem bly en alle inligting word as streng vertroulik hanteer.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/sapd-jag-2-wat-cop-vermoor-20181011

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.