SAPD soek ou se hulp ná moord

Please log in or register to like posts.
News
SAPD soek ou se hulp ná moord

DIE polisie doen ’n dringende beroep op die publiek om hulle te help om die boyfriend van ’n vermoorde vrou op te spoor. Die 37-jarige Busisiwe Ngwadla se liggaam is op 26 Februarie in haar woonstel in Amalinda in Oos-Londen gevind. Sy het verskeie steekwonde aan haar lyf gehad, sê kapt. Mluleki Mbi, ’n polisiewoordvoerder. GevraDie polisie glo Ngwandla se boyfriend, die 50-jarige Mpiriri Matika, kan hulle met die ondersoek help. Matika is ook bekend as Ayanda. Enige iemand wat weet waar Matika is, word gevra om sers. Lwazi Benya by 083 329 5348 of die Cambridge-polisiestasie by 043 709 7500 te kontak.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.