Sardientjies in taxi-blik | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

ALTESAME 48 passasiers, meestal skoolkinders, in een taxi geprop.En net die volgende dag ry ’n taxi met 36 leerders in.Dís waarvoor twee taxi-drywers hof loop nadat die Nelson Mandelabaai-metropolisie hulle vir oorlading toegekap het.Son is in besit van ’n video wat geneem is nadat die eerste taxi-drywer van die pad afgetrek is. Volgens Yolande Faro, hoof van die metropolisie, het hulle lede die wit Toyota Quantum-minibus Maandag omstreeks 14:30 in Chase-rylaan, Algoapark, afgetrek.“By inspeksie het die beampte gesien hoe skoolkinders letterlik bo-op mekaar sit. “Met die drywer by is daar 48 koppe getel,” sê Faro.Faro sê die drywer is toe na die verkeersdepartement in Sid­well vergesel. Hier is die taxi geweeg vir oorlading.Die voertuiglisensie dui aan dat die taxi net 16 insittendes (insluitend die drywer) op ’n slag mag vervoer.Die operateurslisensie was geldig en daar was geen uitstaande lasbriewe teen die drywer nie.“Die metropolisiebeampte het die drywer omstreeks 15:00 gearresteer vir oorlading. Dit is ’n oortreding van die Nasionale Padverkeerswet. Die 26-jarige drywer is by die Algoapark-polisiestasie aangehou en die voertuig is aan die eienaar se broer oorhandig,” vertel Faro.Die leerders was van die Laerskool Frank Joubert. Die voertuig moes drie keer ry om almal afgelaai te kry.Die drywer het dieselfde dag in die hof verskyn.In die ander voorval is ’n 25-jarige taxi-drywer Dinsdag 14:45 by die kruising van Dyke-weg en Ditchlingstraat in Algoapark voorgekeer. In dié taxi was 36 leerders van die Hoërskool Cillié geprop. Die saak teen hom is in die Algoapark-polisiekantoor aanhangig gemaak. VangDie metropolisie sê drywers en motoreienaars moenie hulle voertuie oorvol prop wanneer hulle skoolkinders vervoer nie.Dis omdat oorlading kan lei tot ongelukke wat ernstige beserings kan veroorsaak of die lewe van mense se kinders kan eis. “ ’n Voertuig is nie ontwerp om meer as die toegewese aantal passasiers te vervoer nie. As ons jou vang, sál jy gearresteer word,” sê Faro.Sy waarsku ook alle leerders se ouers: “Moenie kinders toelaat om in ’n voertuig in te klim wat duidelik oorlaai is nie. Maak ook seker die drywer het die toepaslike lisensie om passasiers te vervoer en die voertuig is in ’n padwaardige toestand.“Kinders moet ook gewaarsku word om nie in ’n oorvol voertuig in te klim nie.”In nóg ’n voorval is ’n leerder van die Hoërskool Westville in Weseinde Dinsdag deur ’n taxi raak gery nadat die skool verdaag het.Sy het glo kopbeserings opgedoen en is hospitaal toe geneem. Die skoolhoof, Adam January, wou nie kommentaar lewer nie.Kapt. Sandra Janse van Rensburg, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die voorval het Dinsdag plaasgevind. ’n Saak van roekelose en nalatige bestuur is geopen.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/sardientjies-in-taxi-blik-20190220

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.