Sassa bekyk nou sherry bribe

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SASSA gaan die voorval ondersoek waarin twee Baaise Sassa-beamptes na bewering met ’n bottel Ship Sherry omgekoop is.Mervin Meyer van Mis­sionvale in die noordelike gebiede het Vrydag na die Sassa-kantore by die Cleary Park-winkelsentrum gegaan om sy kind se dokumente uit te sorteer.’n Sassa-beampte het glo voorgestel dat Meyer vir hom (die beampte) ’n bottel Ship Sherry koop in ruil vir goeie diens.Meyer het hulle gelei na die naaste drankwinkel. Die sekuriteitskameras het die transaksie opgeneem.Maandag is Meyer terug Sassa-kantore toe en hy is spoedig gehelp. Hy moes selfs vir die beamptes nóg ’n bottel drank gaan koop om dankie te sê.Luzuko Qina, Sassa se provinsiale woordvoerder, voer aan: “Sassa wil dit duidelik stel dat geen van sy dienste te koop is nie. En geen beampte mag dienste in ruil vir gunste, omkoopgeld, presente of enige vorm van betaling aanbied nie.”Qina sê die agentskap is in die proses om die videomateriaal te verkry van die drankwinkel waar die voorval gebeur het.Ná die ondersoek sal die nodige dissiplinêre stappe ingevolge Sassa se dissiplinêre beleid en prosedures teen die beamptes gedoen word.Slagoffers“Die agentskap sal die voorval grondig ondersoek. Volgens Sassa se waardes kan bedrog en korrupsie nie geduld word nie, al is dit in die vorm van kontant, drank en gunste,” verduidelik Qina.“Sassa wil graag al die aansoekers en begunstigdes ver­skoning vra wat slagoffers was van optrede van dié aard.”Die agentskap het alle begunstigdes en aansoekers gewaarsku om nie in te stem tot omkopery nie.Sassa moedig mense aan om bedrog en korrupsie anoniem by sy fraud hot­line by 0800 701 701 of 0800 60 10 11 aan te meld.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/sassa-bekyk-nou-sherry-bribe-20190214

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.