Selbrand eis ou | Die Son

Please log in or register to like posts.
News
Selbrand eis ou | Die Son

’N TRONKVOËL in die Drakenstein-gevangenis het selfmoord gepleeg oor die 28-bende gedreig het om hom af te haal.Kirsten Francois Samson, het Dinsdag in sy enkelsel gesterf nadat hy dit aan die brand gesteek het.Samson het volgens owerhede sy matras voor sy tronkseldeur vasgemaak en dit aan die brand gesteek.Volgens van die inmates was hy ’n 28-bendelid, maar het met die 26-bendelede uitgehang.VerkragSy eie bende het gedreig om hom dood te maak oor hy met die 26’s deurmekaar is.Samson het toe besluit om selfmoord te pleeg voordat hulle hom nog kon afhaal.Een van sy vriende in die tjoekie was glo Randy Tango (31), wat vir die moord op Stacha Arends (11) van Mitchells Plain mang.Tango het haar in Maart 2017 twee keer verkrag by sy huis in Matroosbergstraat in Tafelsig en daarna verwurg. Hy het toe haar liggaam op ’n sokkerveld daar naby gaan dump.Simphiwe Xako, ’n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het die voorval bevestig.Volgens Xako het die gevangene sy matras in sy enkelsel aan die brand gesteek en ernstige brandwonde opgedoen.Xako sê: “Die beamptes kon nie betyds die brand blus en die gevangene uit sy sel red nie.“Hy het ernstige brandwonde opgedoen en is na die hospitaal in die Paarl geneem.“Hy het later dieselfde dag aan sy beserings beswyk.“Die polisie is op die oomblik besig om die voorval te ondersoek.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.