‘Sementsmous’ skiet vrou | Die Son

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE cops in Thornhill krap kop oor die motief vir die moord op ’n vrou.Die vrou se identiteit en ouderdom word weerhou totdat haar naasbestaandes van haar dood in kennis gestel word.Kapt. Gerda Swart, ’n polisie­woordvoerder, sê die slagoffer is Woensdag 22:35 in haar huis in Tekanastraat, Fase 2, Thornhill, doodgeskiet.Sy het haar deur oopgemaak nadat iemand daaraan geklop het.Die besoeker was ’n on­bekende man wat gesê het hy verkoop sement.Die vrou het gesê sy stel nie belang nie en het die deur toegemaak.Die man het geloop. ’n Paar minute later was daar weer ’n klop aan die deur.Dit was dieselfde man, en dié keer het hy die vrou in die kop geskiet.Swart sê die speurders volg alle moontlike leidrade in dié raaiselagtige saak op.Die polisie doen ’n beroep op die gemeenskap om te help met die ondersoek.Enigeen met inligting oor die verdagte kan ’n SMS stuur na 32211 of die volgende personeel bel:die ondersoekbeampte, AO Heinrich Rheeder by 082 441 7921;die polisie in Thornhill by 0422866200; ofdie operators van die polisie se Crime Stop-sentrum by 08600 10111.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/sementsmous-skiet-vrou-20190131

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.