Ses in selle ná roof en verkragting

Please log in or register to like posts.
News
Ses in selle ná roof en verkragting

SES rowers sit in die tjoekie nadat hulle ’n winkel in Milnerton beroof en ’n vroulike sekerheidswag verkrag het.Die boewe het  die Usave op die hoek van Koebergweg en Madeira-straat, Rugby, beroof.Terwyl die rooftog omstreeks 08:50 plaasgevind het, het die een man na bewering die sekerheidswag in die winkel verkrag.Hulle het ’n onvermelde bedrag in kontant en sigarette gebuit. Maar die gespuis se luck was uit en die cops het hulle agternagesit toe hulle in ’n Toyota Prado en ’n Toyota Corolla op die vlug slaan.Nadat die misbaksels op die cops losgebrand het, het ’n oor-en-weer-skietery gevolg.GewondVolgens lt.kol. Andrè Traut, polisiewoordvoerder, is drie van die vier insittendes in die Corolla gewond.Traut sê ál vier insittendes van die Corolla is gearresteer. Hulle is tussen die ouderdom van 25 en 35.“Drie 9 mm-pistole en ’n .38-rewolwer, asook die kontant en sigarette, is op die toneel gekry.“Die drie gewonde rowers is hospitaal toe geneem en is onder polisiebewaking.”Die cops het die area deursoek vir die ander verdagtes. ’n Vyfde verdagte het te voet gevlug, maar is ook gearresteer. Hy het in die tuin van ’n huis naby die misdaad- toneel weggekruip. Nog ’n verdagte is Saterdag by sy huis in Milnerton vasgetrek. Die cops soek nog na die ander verdagtes.Volgens Traut ondersoek hulle nog die bewering dat die sekerheidswag tydens die rooftog verkrag is.

Reactions

Nobody liked ?