Seun verdrink voor sy maats

Please log in or register to like posts.
News
Seun verdrink voor sy maats

BONNIEVALE. – ’n Laitie het Sondagmiddag voor sy tjommies se oë verdrink.Die tragedie van Usten Frans (12) se verdrinking het by ’n dam hier plaasgevind.Usten en sy maatjies het Sondag besluit om na die dam te gaan toe dit so warm was.Hulle het in die dam geduik en gespeel.Son verneem by ’n inwoner hulle het met ’n plastiekbottel in die water gespeel.HelpVolgens die inwoner het die bottel weggedryf en Usten het agter dit aan geswem.Die bewering is dat hy moeg geraak en begin panic het. Die ander kinders vertel hulle het hom probeer help, maar hy het onder die water verdwyn.Polisieduikers het Usten se lyk later die middag uit die water gehaal.Usten se daddy, Norman Visagie, is ontroosbaar.Hy sê: “Usten was ’n baie stil kind wat versot was op sy skoolwerk en sport.”

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.