Seun verkrag: 3 later voor

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

DIE drie mans wat na bewering ’n 11-jarige seun van Schauderville in die Baaise noordelike gebiede bedwelm en verkrag het, het gister weer in die landdroshof verskyn. Alvaro van Wyk (34), Yandley­ Prinsloo (29) en Junior­ Meyer (18) se saak is weereens uitgestel.Dít is omdat Prinsloo se woonadres nie geverifieer kon word nie.Die landdros het toe die saak uitgestel tot 18 Desember.Die drie beskuldigdes het die seun glo op 4 Augustus vanjaar na ’n huis in Schauderville gelok.Hy was op pad huis toe ná sy sokkeroefening. Hulle het hom genader toe hy kortpad deur die bosse gestap het. Hy ken hulle en woon ook in dieselfde straat.Die pa sê luidens die ver­klaring wat die seun by die polisie afgelê het, moes hy ’n wit poeier, wat vermoedelik dwelms was, opsnuif. GedreigToe het die drie hom glo seksueel aangerand en verkrag.Die drie het die seun na bewering ook gedreig dat hy seergemaak sal word as hy iemand daarvan sou vertel.’n Week ná die voorval het die seun skaars gepraat, maar hy het toe eindelik ingegee en die waarheid vertel.Nadat hy met die hele sak patats vorendag gekom het, het die nuus soos ’n veldbrand in die gemeenskap versprei.Hulle het die drie beskuldigdes beetgekry en glo dik geslaan.Twee van die beskuldigdes is deur die gemeenskap aangehou totdat die polisie daar aangekom het. ’n Rukkie later is ’n derde beskuldigde, wat probeer vlug het, ook gearresteer.Die seun is na die Dora Nginza-hospitaal se verkragtingsentrum geneem vir ’n ondersoek en behandeling. Bloedtoetse is ook gedoen.Kol. Priscilla Naidu, ’n polisie­woordvoerder, het bevestig die polisie se eenheid belas met gesinsgeweld, kinder­beskerming en sek­suele misdrywe ondersoek ’n saak van verkragting.Die pa het gister aanSon gesê sy seun se toestand het heelwat verbeter sedert die gru-aanranding en die laitie speel weer buite.“Ons probeer maar so veel moontlik om dinge normaal te hou.” Hy het bygevoeg as die drie beskuldigdes tog volgende week borgtog kry, sal hulle lewens waarskynlik in gevaar wees, want die gemeenskap is sommer baie omgekrap oor dié saak.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/seun-verkrag-3-later-voor-20181212

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.