Sewe is vas ná ‘heks-moorde’

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

SEWE mense, onder wie twee tieners, is gearresteer in die jongste witchcraft-moorde in die Oos-Kaap.Twee vroue van 48 en 42 jaar oud is Woensdag in Ngonyameni naby Mount Ayliff vermoor.Hulle huise is aan die brand gesteek nadat hulle van witchcraft beskuldig is, sê kapt. Khaya Tonjeni, ’n polisiewoordvoerder.Vyf verdagtes het gister in die plaaslike landdroshof verskyn.’n Maatskaplike werker sal die twee tieners wat ook ge­arresteer is, eers assess waarna aanbevelings oor stappe teen hulle gedoen sal word.Dr. Pumza Dyantyi, LUR vir maatskaplike ontwikkeling, het intussen haar misnoeë oor die moorde uitgespreek.SustersDit is veral ná die onlangse 16 dae van aktivisme teen geweld teen vroue en kinders.Dyantyi het gesê behalwe die twee vroue van Mount Ayliff wat vermoor is, is twee susters ook in hulle huis in ’n village naby Middledrift vermoor.Sy het bygevoeg haar departement gee berading aan hulle families.Sy het gevra vir drastiese optrede teen die verkragting van en moord op vroue, veral bejaardes wat van heksery beskuldig word.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/sewe-is-vas-na-heks-moorde-20181218

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.