Shaken up ná shack attack

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

DRIE vroue is Maandag in ’n skietery in Helenvale ernstig beseer.Een is in haar geslagsdele getref, ’n ander se kop is net-net gemis en die derde vrou kan haar been verloor. Maandag om en by 00:30 het ’n groep vriende in ’n shack in Kobusweg gesit en rook. Feraan Goeda (36), wat in die shack was toe die bullets gevlieg het, sê: “ ’n Antie het iets in die shack kom haal. “Sy het buitentoe gegaan, maar toe kom sy weer ingehardloop nadat die skote afgegaan het. “Ons almal het plat gaan lê. Daar was bloed oral. Ek het met die vroue gepraat sodat hulle nie uitpass nie.”Die nooddienste en cops was gou daar.Sonia Goeda, Feraan se ma, het in die hoofhuis geslaap toe die skote klap. Sy ly aan angs. “My seun het geskree ek moet die polisie en ambulans bel. Ek het gaan kyk en gesien hoe almal plat lê. “Ek’t by die huis ingehardloop, my kop vasgehou en gehuil,” sê Sonia voordat sy weer in trane uitbars. Daardie Sondag het haar kerk juis vir haar gebid omdat hulle huis “in gevaar is” omdat gangsters dikwels daar naby op mekaar skiet.Gister het Sonia die drie slagoffers in die hospitaal besoek. “Feraan se meisie se pinkie­lit is af, ’n bullet het haar nek geskaaf en haar bene en arms is geraak. “Die ander vrou is geskiet in haar privaat dele en regter­been, wat nou gevoelloos is. Nog ’n vrou is in haar regterbeen geskiet. Dokters gaan dit dalk afsit.”Feraan vermy sy huis omdat hy voel sy lewe is in gevaar. Sonia (51) voel half onveilig, maar het gesê sy vertrou op die Here.skok: Feraan Goeda sê daar was baie bloed in sy shack nadat drie vroue daar raak geskiet is. Foto’s: deon ferreiraKol. Priscilla Naidu, ’n polisiewoordvoerder, het bevestig die drie vroue is na die hospitaal geneem.Die polisie weet nog nie hoekom die mense geteiken is nie. “Die provinsiale bende-eenheid ondersoek sake van poging tot moord.”In ’n on­verwante voorval is Leroy Karona (29) van Uitbreiding 31 in Bethelsdorp Maandag in Linge­li­hle­straat doodgeskiet. AO Alwin Labans, ’n polisiewoordvoerder, het gesê die lyk is omstreeks 19:00 in Timothy Valley gevind. Karona is in die bors, been en kop geskiet. Die polisie weet nog nie wie die skieters is of hoekom Karona geskiet is nie. Labans het gesê die moord is nie bendeverwant nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/shaken-up-na-shack-attack-20181030

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.