Short-time, g’n bonus knyp | Die Son

Please log in or register to like posts.
Nuus

Update
Port Elizabeth

WERKERS sê hulle is moeg daarvoor om geen Krismis­bonus te kry nie en ’n week se werk in drie dae in te prop.Werknemers van Precision Turning & General Manufacturing Engineers CC in Kors­ten in die Baai het gister hulle tools neergesit en gestrike.Wayne Plaatjies (47) van Salt Lake, die shop steward, verduidelik: “Die afgelope drie jaar het ons geen bonusse gekry nie. “In 2015 het ons net helfte gekry en toe nooit weer nie. Die werkers is baie kwaad.“Wat hulle ook pla, is dat hulle nou drie weeksdae per week werk en nie meer vyf nie. “Die werkers het families om voor te sorg; daarom het ons werkers as ’n kollektief besluit ons het genoeg gehad.”Amos Mfeketo (48) van Booysenpark werk al 12 jaar daar. “Ek voel sleg, want ek is die enigste broodwinner in die huis. Beplan“Ek het twee kinders en ’n vrou om na te kyk. Ek kan nie my assuransie betaal nie.”Nog ’n werker, Jeret Bagoes (48) van Uitbreiding 32 in Bethelsdorp, sê met dié dat hulle nou net drie dae per week werk, kan hy nie finan­sieel beplan nie. “Die geld kom in jou bank in en dan’s dit weer uit. “Ek sorg vir my vrou, drie kinders, twee kleinkinders en my skoonpa. “My skoonpa is ’n diabeet en ek moet sorg dat hy by die hospitaal en klinieke uitkom.“Agterna moet ek altyd gaan leen by iemand. “Die bonus kon my gehelp het met skoolfondse, ensovoorts vir die kinders vir volgende jaar.” Christina Peter (55) van Timothy Valley werk al meer as 10 jaar vir die besigheid. “My man het ’n stroke gehad en nou is ek die enigste een in die huis wat geld inbring.“Ek sorg nou alleen vir hom en ons drie kinders, van wie twee nog op skool is. “Ek is nie gelukkig nie, want ek kort geld om kos, klere en my man se mediese uitgawes te dek.” Die ontevredenes sê die afgelope drie jaar is bietjie-bietjie werkers afgedank.Maro Putigna, die eienaar van Precision Turning & Gen­er­al Manufacturing Engin­eers CC, sê sy besigheid volg die reëls van die bedingingsraad vir die metaal- en ingenieursbedryf. “Ons verstaan die frustrasie, maar ons het niks on­wettigs gedoen nie. “Dit is ’n onwettige staking dié en ons gaan dit só hanteer.”

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/short-time-gn-bonus-knyp-20181008

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.