Siamese ling veg vir skommelreg

Please log in or register to like posts.
News
Siamese ling veg vir skommelreg

’N SIAMESE tweeling (54) van Michigan in Amerika wat ’n onderlyf deel, gaan mekaar nou in die hof moet face omdat die een ou sy broer se reg betwis om sonder sy toestemming ’n seksdaad te pleeg.Alfred en Wilbert Peterson is ge­bore met hul heupe aan mekaar gebind en leef hul hele lewe al so.Elkeen het ’n stel arms, bene en hul eie hart en maag, maar hulle deel die onderste deel van hul spysverteringstelsel en ’n penis.Dis dié einste gedeelde penis wat oor die jare ’n bron van konflik tussen die broers geword het. Nou het Alfred hom tot die hof gewend om sy broer te keer om te masturbeer, berig World News Daily Report.Alfred voer aan hy ly aan slapeloosheid en post-traumatiese stressindroom nadat hy op drie geleenthede snags wakker geword het en sy broer gevang het terwyl hy skommel.SkokWilbert voer egter aan hy het niks verkeerd gedoen nie en dring daarop aan dat hy ’n wettige reg het om te masturbeer.Hy sê hy het juis vir sy broer gewag om te slaap, want hy’t geweet sy broer is teen dit en hy wou hom nie steur of skok nie.Die twee moet mekaar nou in ’n spesiaal aangepaste hofsaal in Flint, Michigan, face.Tientalle verslaggewers het dié week na die hofgebou opgeruk om dié ongewone hofsaak te dek.Die deelstaat Michigan se wette bevat geen riglyne vir individue wat dieselfde seks-organe deel nie.Die enigste deelstaat in Amerika wat tans wette het wat deal met die seksualiteit van Siamese tweelinge, is Kalifornië, waar so ’n wet in 2011 deurgevoer is.

Reactions

0
0
0
0
0
0
Already reacted for this post.

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply

Your email address will not be published.