Sizani is ‘te siek’ vir hofsaak

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

SLOTBETOË in die bedrog en-geldwassery-saak van Portia “Pankie” Sizani het gister in die Baaise handelshof begin.Sizani is in Februarie 2016 onskuldig bevind op 5 van die 15 aanklagte van geldwassery teen haar.Nog 16 aanklagte van bedrog en 10 van geldwassery staar haar in die gesig.Sy het die Oos-Kaapse onderwysdepartement (OKOD) na bewering uit R1,2 miljoen bedrieg deur verskeie aansoeke vir gr. R-onderwysposte op ’n bedrieglike wyse te verwerk.LasbriefHaar lawyer, adv. Johan Wessels, het die hof gister meegedeel Sizani kan nie die verrigtinge bywoon nie omdat sy siek is.Volgens hom het sy vroeër­ aan sy opdraggewende prokureur aangedui sy sou wel gister se hofverrigtinge bywoon, maar sy is steeds siek.Hy het die hof versoek om die lasbrief vir haar inhegtenisneming oor te hou en het aangedui Sizani sal vandag in die hof wees.Adv. Ronelle Brink, die staatsaanklaer, het gister onder meer staatsgetuies se getuienis in die hof voorgehou oor die geldwassery- en bedrogklagte teen Sizani.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/sizani-is-te-siek-vir-hofsaak-20190128

Reactions

Nobody liked ?

Comments are closed.