Skelmgeid en swak bestuur choke sektor

Please log in or register to like posts.
News

Update
Port Elizabeth

AS DIE Oos-Kaapse gesondheids­departement sy sokkies nie binnekort optrek nie, kan health care in die provinsie heeltemal ineenstort. In sy onlangse verslag vir die boekjaar 2017-18 spreek die ouditeur-generaal (OG) sy kommer uit oor die finansiële volhoubaarheid van dié staatsdepartement. Die departement sit met ’n helse contingent liability van R24,326 miljard. Dit bestaan grootliks uit regs­eise (R24,193 miljard).Hierdie contingent liability het gestyg met R7,575 miljard, teenoor die vorige boekjaar se R16,751 miljard. Boonop is dit R1,990 miljard meer as die departement se totale begroting van R22,336 miljard.Die OG het ook onreëlmatige uitgawes van R283 miljoen onthul.Die OG het ook bevind uitgawes is swak bestuur, daar was korrupsie by die bestuur van kontrakte, interne beheerstelsels het tekort geskiet, rekords is nie doeltreffend gemanage nie en die moniteringsproses haal nie die paal nie. Boonop het die bestuur swak gereageer op aanbevelings deur die ouditkomitee. Jane Cowley, DA-LPW, meen dié bevindinge is verdoemend. “Dit moet dringend en aggressief opgelos word as die departement van gesondheid ooit wil herstel.“Werknemers wat nie by die wet­like prosesse hou nie, moet van hulle pligte onthef word. “Amptenare wat infrastruktuurkontrakte aan vriende en familie toeken deur ’n nooiensvan of stamnaam te gebruik, moet van die stelsel verwyder word.”Teen druktyd het die departement nog nie op navrae om kommentaar ge­reageer nie.

https://www.son.co.za/Nuus/Ooskaap/skelmgeid-en-swak-bestuur-choke-sektor-20181103

Reactions

Nobody liked ?

Leave a Reply